Kerksondermure logo

Company · Religious Institutions

Kerksondermure

Kerksondermure is'n Afrikaansprekende, insluitende gemeenskap in Centrurion en Midstream wat saam die Jesuslewe ontdek. In 'n seer wêreld waar eensaamheid en isolasie toeneem, is Kerksondermure daartoe verbind om outentieke vriendskappe te bou wat lewens beter en mooier maak. Navorsing bevestig wat gereeld dwarsdeur die Bybel gesê word: Mense wat deel is van gemeenskappe, veral geloofsgemeenskappe, is gelukkiger, gesonder en leef langer. As 'n gesonde en groeiende Afrikaanssprekende kerk in Gauteng is ons goed geposisioneer om saam, binne die pragtige raamwerk van God se droom vir ons, die Jesuslewe te ontdek.